Geen boelies welkom by Suid-Natal Primêr

0

Suid-Natal Primêre Skool se graad 3-leerders het ‘n voorbereide mondeling gedoen oor boelies.

Anne-Bell Pieterse en Adolf Jonker het goeie navorsing gedoen en die feite gekry oor waarom kinders boelie, wat moet jy doen as jy geboelie word en hoe jy ‘n boelie kan help.

Hulle inligting was so goed dat hulle dit in die saal met die hele grondslagfase gedeel het.

Veels geluk aan die graad 5-groep wat ‘n suksesvolle markdag aangebied het. Die soettande het behoorlik gewerk met heerlike snoepgoed vir almal.

Leerders is tans druk besig met swem-uitdunne.

Hierdie week begin die eerste swemgala by Southcity Christian College. Leerders het hard geoefen en ons vertel u meer daarvan volgende week.

Share.

About Author

Leave A Reply