Leandri is 2017 se ‘super-Suidie’
Leandri Nel.

Leandri is 2017 se ‘super-Suidie’

Leandri Nel is aangewys as Suid-Natal Primêr se Dux-leerder van 2017.

Sy ontvang ook die Kultuurbeker en het hierdie jaar haar Junior Springbokkleure in Landsdiens verwerf.

Die Naas-Dux trofeeword aan Rafe Lombard toegeken.

Ons top sportman en –vrou is gegee aan Liandi du Toit en Marnus Koekemoer. Marnus is ook as die Junior veelsydigste seun aangewys a.g.v Sport, kultuur- en akademiese prestasies.

Die Junior Veelsydigste meisie is Desiree du Plooy, Senior Veelsydigste seun, Chris du Bruyn en dogter, Leandri Nel.

Die Suidie “staatmaker” is vanjaar Kasper Steyn en die Hoof wys Dawie de Bruin aan vir die Prinsipaalstoekenning.

Sportprestasies is vereer waar Simoné Ferreira aangewys is as die Nedbalspeelster en Kayla Jacobs as die Hokkie speelster van 2017.

Die krieket trofee gaan aan Zachlu Coetzee en die Rugby-trofee is oorhandig aan Chris du Bruyn.

Baie geluk aan al Suid-Natal se presteerders!

Leave a Comment