Lekker bedrywige week by Suid-Natal Primêr

0

Dit was ‘n baie besige week by Suid-Natal Primêre Skool.

Die week het begin met ons Interhuis atletiek byeenkoms waar die Blou span gewen het en die Geel span die geesbeker gewen het.

Die Graad 7’s het ‘n baie suksesvolle Markdag gehad. Baie dankie vir almal se ondersteuning.

Die Ligdraers het Vrydag ‘n besoek gebring aan Mbango Valley. Kaartjies is uitgedeel aan ons goue-oues, liedjies is gesing en diep gesprekke is gevoer. Jonk en oud het gehuil toe die kuiertjie verby was.

Netbal was aan die orde van die dag by Southcity Vrydag middag. Graad 1, 2 en 3 dogters het goed gespeel en die middag geniet. Baie dankie aan die organiseerders.

Suidies het ‘n suksesvolle atletiekbyeenkoms aangebied. Die sewe plaaslike skole het deelgeneem en elke atleet het hulle bes gedoen. Baie geluk aan Byron Winrow van Izotsha wat die verspring rekord vir seuns o/13 verbeter het.

Die graad-2 netbal dogters was Vrydag onoorwonne by die Netbal toernooi. Hulle is (agter van links) Daniëlle Möller, Denica Strydom, Melissa Ferreira, Corné Klaaster, Miné Pretorius, (voor van links) Amoré Pretorius, Mia Nieuwenhuis en Meckayla le Roux.

Share.

About Author

Leave A Reply