Miernes van bedrywighede in Suidieland

0

Suid-Natal Primêre Skool se graad 4-leerders het die jaar goed afgeskop al was hulle ‘n bietjie bang vir al die nuwe vakke wat hulle moet doen en aan gewoond moet raak.

Die graad 4’s het al twee praktiese gedoen in natuurwetenskappe. Hulle het boontjies in watte geplant en ‘n gis plantjie laat groei in die klas.

Hulle is baie opgewonde en sien uit na die jaar vol uitdagings.

Hierdie week sien al die grade uit na die jaarlikse Glip-en-Gly. Dit is  ʼn miernes van bedrywighede om weer voor in die ry te kom om te kan gly.

Ons netbal dogters het ʼn Netbal afrigting kliniek bygewoon wat gereël was deur Me. Natalie Lourens (SA’s O/17 speler) en Me. Jenny van Dyk (Protea hulpafrigter & TUKS Universiteit Netbal Afrigter).

Ons dogters is bevoorreg om afrigting van uitstaande gehalte te kon ontvang.

Geluk ook aan 10 van Suid-Natal se onderwysers wat Vlak 2 noodhulp sertifikate ontvang het.

Share.

About Author

Leave A Reply