Redenaarskompetisie skop af by Suid-Natal Primêr

0

Suid-Natal Primêre Skool se Spo 3-leerders het Egipte se Piramides met groot opwinding en entoesiasme aangepak.

Die leerders het met hul kreatiewe handwerk gewys hoe ratte die wiele maak draai. Die take wat gebou is, is van die hoogste gehalte en elke leerder kan uiters trots wees.

‘n Suksesvolle redenaarskompetisie is deur Me. E Pieterse en Me. M. Antrobus geloods. Leerders het hul uiters goed van hul taak gekwyt en ons wil Dr. Mike Heaney, voorsitter van die ATKV Suidkus Tak, asook Me. C de Villiers en Ds. G Strydom van harte bedank vir hul insette as beoordelaars.

Saterdag het Suid-Natal Primêre Skool ‘n mini-krieket toernooi aangebied. Dit was ‘n groot sukses waar elke jong speler dit baie geniet het met uitstekende spangees.

Share.

About Author

Leave A Reply