Rekords spat in Suidies se Interhuis-gala

0

Suid-Natal Primêre Skool het onlangs hul Interhuis-gala gehou.

Die Rooi en Geel spanne het braaf gekompeteer maar die Blou span het met die beker gespog. Daar is 21 rekords verbeter!

Veels geluk aan die graad 1, 2 en 3 seuns wat aan mini krieket by Southcity deelgeneem het.  Goeie krieket is deurgaans gespeel.

Die graad 1’s het dit baie geniet om hulle pragtige Valentynsdag kaartjies te maak.  Hulle het verskeie middels gebruik om die kaartjies kreatief te versier. Dit was baie pret!

Die Prefekte het Valentynsgeskenkies by die skool verkoop.  Die projek is baie goed ondersteun en maats het vir mekaar sjokoladetjies en hartjies en ander mooi ornamentjies gekoop. Ons waardeer al die moeders wat help voorberei het aan al hierdie produkte!

Die moeders van ons skool het onder leiding van ons Visie 20 moederskomitee ʼn Valentynsdans vir ouers en vriende gereël vir Vrydagaand.

Hierdie geleentheid was voorwaar goed ondersteun en die entoesiasme, passie en belangstelling groei telkens na so ʼn aksie. Baie dankie vir u belangstelling en ondersteuning!

Foto: Trotse swem ouderdoms wenners (eerste ry van links) Taylor du Plooy, Luke Kruger, Leonard Kretzschmar, Nicolene Malan, Kirsty Koegelenberg, Wian van Wyk, (tweede ry van links) Jacques du Bruyn, Zonicque du Plooy, Marcel du Toit, Doné Pretorius, (derde ry van links) Ashley Fouche’, Rinaldo Hattingh, Marnu Koekemoer, Desireé du Plooy en Aiden Cloete (afwesig).

Share.

About Author

Leave A Reply