Suid-Natal Primêr: Zoem, zoem, zoem…

0

Bysteke was nog nooit so seer soos op Suid-Natal Primêre Skool se speelgrond nie.

Die Graad 1, 2 en 3-leerders het die veld gefynkam en al die blommetjies gepluk, sodat ons die bye kon red! Bytjies zoem nie meer op ons speelgrond nie.

Suidies se Graad 4–7-leerders is nog besig met Eksamen. Die junior primêre-fase is druk besig om te oefen vir hulle verskeie prysuitdelings.

Die Graad 1–3’s het Maandag Mini-Krieket gespeel by Southcity. Die spelers het dit baie geniet en goed gespeel. Dankie aan Southcity wat die toernooi aangebied het.

Graad 2’s Adolf Jonker, Kevin Liddle en Tiaan Harmse het baie blommetjies gepluk.

Share.

About Author

Leave A Reply