Suidies hard aan die lees

Suidies hard aan die lees

Die graad-5 leerders van Suid-Natal Primêre Skool neem deel aan die skool se leeskompetisie. Groot pryse kan aan die einde van die jaar gewen word.

Die jaar is volstoom aan die gang en al die leerders is hard aan die oefen in hul verskeie sport-soorte. Krieket, rugby- en netbalproewe, hokkie en swem hou die leerders aan die gang.

Almal is opgewonde en sien uit na Produksie 2000 se opvoering op 21 Februarie.

Dankie aan al die leerders wat reeds water gebring het om na die drooggeteisterde Kaap toe te stuur.

Foto: Graad 5-leerders (voor) Gerhard Swiegers, Ashley Senekal en (agter) Dailen Bolton is hard aan die lees.

Leave a Comment