Suidies kondig nuwe prefekte aan

0

Suid-Natal Primêre Skool se nuwe prefekte is onlangs aangewys. Daar was groot opgewondenheid met die aankondiging en daar is vir hulle hartlik hande geklap.

Ons reël vir hulle ‘n bring en braai die komende Vrydag sodat hulle mekaar beter kan leer ken. Ons wens hulle sterkte toe vir hierdie belangrike termyn.

Die Graad 5’s is gereed vir die laaste kwartaal en maak reg vir die groot eksamens in November.

Baie van ons Graad 5 leerders het deelgeneem aan die Hospice se kooraand, verlede Donderdag, en het die geleentheid terdeë geniet. Voorspoed aan alle leerders met die laaste druk kwartaal.

Foto: Suidie-hooprefekte (a.v.l.n.r) Dian Venter (hoofseun), Stefan van den Berg (onderhoof seun), Dillon Schoeman (onderhoof seun), (v.v.l.n.r) Robyn-Lee Comins (onderhoof dogter), Zaskia Delport (hoofdogter) en Liandi du Toit (onderhoof dogter).

Share.

About Author

Leave A Reply