Suidies presteer op sportveld

0

Suid-Natal Primêre Skool sê dankie vir Status Panelbeaters wat die eerste span rugby hemde en broeke geborg het.

Baie geluk aan ons eerste en tweede netbal spanne wat hul eerste wedstryd teen Creston gespeel en gewen het.

Die soete oorwinning van ons Senior en Junior A krieket spanne teen Port Edward was die kersie op die koek vir die laaste wedstryd van die kwartaal!

Die Junior-swemmers het Woensdag by Creston teen drie ander skole gekompeteer. Die Individuele-gala was vir elke swemmer groot pret in die warm weer.

Die Graad 7’s het Hoërskool Suid-Natal besoek om meer inligting en bekenstelling aan ouers te gee. Alle fasette van die skool aangaande Akademie, Sport en Kultuur is aangeraak. Ons leerders se voorkennis is getoets deur intelligente vrae en probleemoplossings in die Wiskundeklas.

Vrydag het ons Graad R’e gala gehou dat die water spat. Dit was ‘n groot sukses.

Baie geluk aan Marnu Koekemoer wat KZN behaal het met Tweekamp! Hy neem hierdie week aan die SA kampioenskappe deel in Port Elizabeth.

Share.

About Author

Leave A Reply