Suidies sien uit na kaskaraand

0

Suid-Natal Primêre Skool se SPO 2 klas het ‘n interessante week gehad waarin hulle meer geleer het van vervoermiddels, van toeka tot nou.

Hulle kon nie glo dat motors vandag so verskil van die van vroeg in die vorige eeu nie. Hulle is ook hard besig met assessering.

Die Suidie swemmers het verlede Dinsdag by Port Natal pragtig presteer en ‘n tweede plek behaal uit vyf skole wat deelgeneem het. Knap gedaan! Dankie aan al die ouers wat die gala bygewoon het.

Foto: Graad R leerders (van links na regs) Laska Verster en regs Dihan Sans word solank fiks vir die kaskar-aand wat plaasvind op 16 Maart. 

Share.

About Author

Leave A Reply