Suidies spog met jong ingenieurs

0

Suid-Natal Primêr se graad 3-klasse het tydens hulle kunsperiode 3D-strukture gebou met tandestokkies en Jelly Tots. Jong ingenieurs word sommer nou al raakgesien.

Die Landlopers het dit geniet om die landlooproete te hardloop by Beaver Creek verlede Woensdag.

Die roete tussen die bome en hindernisse deur maak die kompetisie interessant. Die atlete het goed gehardloop.

Simoné Ferreira het Afrika verteenwoordig in die “Jnr. Africa Challenge” by San Lameer en eerste plek behaal in die o/13 ouderdomsgroep. Puik prestasie!

“Oppi-Plankies 2018” word volgende week 18-20 September opgevoer. Die leerders het baie hard geoefen en is baie opgewonde.

Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar. Kom geniet die vertoning saam met ons!

Graad 3’s Kevin Pelser, Chloe Potgieter, Liani de Kock, Chazel Loots en (voor) Jayden Badenhorst wys hul skeppings.

Share.

About Author

Leave A Reply