Suidies spring derde kwartaal goed weg

0

Al die leerders en personeel is terug na die vakansie en Suid-Natal Primêre Skool gaan voort in volle vaart.

Daar word Maandae tot Donderdae hard geoefen aan al die atletiek dissiplines.

Die Interhuis vind oor 5 weke plaas en leerders se fiksheid en tegniek kry nou voorkeur aandag.

Baie dankie aan al die ouers wat die afgelope oueraand bygewoon het om leerders se akademiese vordering met die personeel te bespreek.

Veels geluk aan Wian de Beer wat die vakansie sewende plek behaal het in die O/12 kumite divisie by die karate wêreld kampioenskappe te Kroasië. Dis ‘n uitmuntende prestasie.

Share.

About Author

Leave A Reply