Suidies verower plekke in Ugu-netbalspanne

0

Vyf Suid-Natal Primêr-leerders is vir die O/12 en O/13 Ugu-netbalspanne gekies.

Hulle is Megan van Wyk, Lara Jordaan, Larissa Korf, Nadia Terry en Yvonné Buitendag. Die talentvolle Suidies sal deelneem aan die KZN-proewe volgende kwartaal.

Die Graad 7’s het voorwaar uitgeblink met nuwe idees hoe hidrolika aangewend kan word in reddingsmeganismes byvoorbeeld ramme en oopbrekers.

Ons is opgewonde oor die res van die jaar se nuwe ontwikkelings.

Ons seuns het krieket teen Southcity gespeel. Almal het dit baie geniet en uitstekend gespeel.

O/10 en O/11 het beide gewen. O/8 en O/9 mini krieket – albei spanne het een uit die twee wedstryde gewen.

Ons junior Suidies was uitgenooi na Southcity se aflos-gala. Die swemmers het dit baie geniet en het baie goed gedoen.

Ons Graad 3’s en SPO 2-klas het Markdag gehad en het gesorg dat al ons leerders heerlik smul aan hul kreatiewe skeppings.

Vyf van ons personeellede het ? Vlak 0-hokkiekursus bygewoon in Queensburgh, Durban. Basiese afrigtingtegniek is aangeleer.

Die personeel sien uit na die Skeidsregter-kursus wat voor die seisoen afgelê sal word.

Share.

About Author

Leave A Reply