Suidies verryk hul horisonne

0

Suid-Natal Primêre Skool se graad 6-leerders het hierdie kwartaal oor die buitenste ruimte geleer.

Hulle het alles oor die son, maan en die agt planete in ons sonnestelsel geleer.

Die leerders was ook baie opgewonde om ‘n taak oor die planete te maak, om elkeen se plek in die sonnestelsel te wys.

‘n Baie goeie leierskap-opleiding en pret-aktiwiteite is vir die leiers in graad 7 aangebied.

Pastoor Wilco Kunz het die belangrike eienskappe en waarde van elke leier en persoon baie effektief oorgedra. Jaco Otto het die prefekte toegespreek. Die middag is afgesluit met heerlike braaivleis.

Die eerste en tweede spanne het krieket teen Izotsha gespeel. Ons seuns het goeie krieket gespeel alhoewel ons nie gewen het nie.

Graad 6’e Morné Earle, Divan du Toit, Chizette Pretorius en Dezzi du Plooy wys ‘n taak van die sonnestelsel.

Share.

About Author

Leave A Reply