AfriForum Se Strategie Vir Slaggate

Share the news!!!

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n inisiatief van stapel gestuur om die Hibiskus-kus Munisipaliteit aanspreeklik te hou vir skade aan lede se voertuie as gevolg van slaggate, aangesien dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid is om paaie in stand te hou.

AfriForum het sy lede aangemoedig om ‘n eis by die munisipaliteit in te dien indien hulle skade aan hulle voertuie sou opdoen as gevolg van slaggate. Die organisasie het vennootskappe met diensverskaffers in die Hibiskus-kus-omgewing aangegaan om die proses te bespoedig.

Lede wat eise teen die munisipaliteit wil indien, moet die volgende doen:

  1. Neem jou voertuig na die Shelly Beach-tak van Tiger Wheel and Tyre. Hulle het in samewerking met AfriForum, al die nodige dokumentasie beskikbaar. Hulle sal AfriForum-lede behulpsaam wees om die regte dokumente en vorms in te vul waarmee skadevergoeding van of die munisipaliteit of die departement van vervoer geëis kan word.

  2. Indien die voertuig ingesleep moet word, skakel Margate Panelbeaters by 082 854 5225. Hulle sal die nodige hulp verleen en ook ‘n verklaring oor die gebeure afneem.

  3. AfriForum-lede hoef slegs die ingevulde eisvorm per geregistreerde pos na die adres op die vorm te stuur.

“Die eisproses is reeds suksesvol by ander munisipaliteite gebruik. Ons hoop dat die Hibiskus-kus Munisipaliteit hierdie eise sonder versuim sal verwerk,” het Peter Chiolé, ondervoorsitter van die Margate-tak van AfriForum gesê.

AfriForum sal ‘n rekord byhou van alle skade wat deur sy lede opgedoen is as gevolg van slaggate ten einde die omvang van die krisis te bepaal.

Om die Margate-tak van AfriForum aan te sluit, SMS “Margate” na 31488. SMS’e kos 50c.

Pieter Chiolé
Ondervoorsitter
Margate-tak
AfriForum
E-pos: pchiole@hotmail.com

Leave a Reply