Amanda Smit skitter as Mej. Suid-Natal

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Deur Quintin van Jaarsveld

Op ‘n glansryke Vrydagaand is Amanda Smit as Mej. Suid-Natal in die skoolsaal gekroon.

Een-en-veertig Graad 11 en 12-meisies het aan die spog-skoonheidskompetitise deelgeneem,  en geskitter te midde van die tema “Great Gatsby” .

Die meisies het gestraal in formele aandrokke en hul persoonlikhede en kreatiwiteit tentoongestel deur hul eie informele uitrustings te kies.

Die meisies het ook hul lywe dansers gehou en selfs die seuns het ‘n dansroetine ingewerk.

Amanda, ‘n graad 11-leerling,  is as die wenner aangewys.  Die onder-hoofdogter Chantelle Makkink,  en die hoofdogter Annika Kotzé, was onderskeidelik die eerste  en tweede prinses.

Carla du Plessis en Mariska Schoeman is aangewys Mej. Persoonlikheid Graad 11, en Mej. Persoonlikheid Graad 12.

Smit het aan eHowz!t gesê: “Ek weet nie hoe om dit te verduidelik hoe ek gevoel het toe die aankondiging gedoen is nie. Dit was onbeskryflik. Ek het dit glad nie verwag nie.”

“Ek was totaal geskok maar terselfdertyd baie, baie bly. Dit was die beste gevoel in my lewe, en ek sal dit enige tyd dit weer doen.”

“Dit was ‘n onvergeetlike aand. Ek het dit ongelooflik baie geniet en dit was ‘stunning’. Al die meisies het ‘beautiful’ gelyk en al die versierings en ligte was baie goed gedoen.”

Chantelle Makkink, die eerste prinses,  is ook as Mej. Fotogenies aangewys.

“Ek was in die wolke  toe hulle aankondig ek is die eerste prinses. Dis ‘n groot voorreg vir my om my skool op enige manier  moontlik te kan verteenwoordig. Ek het fantastiese geskenke gekry waaroor ek absoluut mal is!”

“As Mej. Fotogenies was ek uit die veld geslaan! Dit was ‘n absolute aangename verrassing om uit 41 beeldskone meisies gekies te word. Tog was dit bloot menslike keuses, want in God se oë is elkeen pragtig in hul eie reg.”

“What you are is God’s gift to you, but what you become is your gift to God. Als wat ek doen en elke tree wat ek neem is tot eer en verheerliking van God. Hy het my geskape as die persoon wat ek is, en daarom kan ek met trots my kop omhoog hou.”

Chantelle sê die aand in geheel was een van opwinding, angs en senuwees. “Ons het ons gate uit geniet met die danse, en natuurlik was ons meisies in die sewende hemel.  Wat meer wil ons hê as grimering, hakke, rokke en juwele – die ‘Bling’ en die ‘Glam’? Dit was vet pret!”

Tweede prinses Annika Kotzé het gesê dit was vir haar baie onverwags, en ‘n baie bly oomblik.  “Dit was ‘n treffer-aand en ek het dit vreeslik geniet. Die geleentheid was ‘n reuse sukses in my oë, en alles het goed verloop, soos beplan.”

Leave a Reply