Hier kom ‘n ding: Suidies hou vanaand talentfees

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die kultuurdepartement by die Hoërskool Suid-Natal volg ‘n vyfjaar-siklus en bring groot jaarlikse produksies op die planke.

Op vanjaar se talentfees, wat Vrydagaand  (vanaand ) van 7nm af in die skoolsaal plaasvind, kry die leerders die geleentheid om hul individuele talente ten toon te stel.

Toeskouers kan uitsien na saxofoonspel, ballet, tromme spel, drama en sang van die talentvolle tieners.

Kaartjies is R20 per persoon en is beskikbaar by die skool en by die deur op die aand.

Komende gebeure:

Vrydag 15 Augustus: Spelling Bee; Talentfees; Atletiek-Gelofte

Saterdag 16 Augustus: CANSA fondsinsameling by Southcoast Mall

Leave a Reply