Kersfees kom vroeg vir Suidies se kospakkie-leerders

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool wil graag vir Margate Swemklub hartlik bedank vir hulle ruimskootse skenking van kospakkies aan van ons leerders.

Die Labuschagne gesin, Gerhard, Patricia, Samantha en Alex, het besonder hard gewerk om van hierdie fondsinsameling ‘n groot sukses te maak. Hulle het regtig ‘n verskil gemaak en ons wens hulle ‘n geseënde Kersfees toe!

Suid-Natal Primêre Skool se kospakkie-leerders is Vrydag bederf met ‘n ongelooflike lekker kerspartytjie.

Ons wil baie, baie dankie sê aan die Lions wat vir elke leerder ‘n kersgeskenk gegee het. Die kinders was so gelukkig en wou sommer dadelik met hulle speelgoed speel.

Baie, baie dankie ook aan die Hervormde Kerk, Port Shepstone vir die kos wat hul aan die leerders gegee het, dit was heerlik.

Ons kinders is so geseënd om soveel liefde en omgee van u almal te ontvang.

Ons wens u almal ‘n Geseënde Kerstyd.

Foto: (Van links na regs) Me. Samantha Labuschagne, Me. Patricia Labuschagne en Mnr. Gerhard Labuschagne van Margate Swemklub oorhandig die skenking aan Mnr. Callie Krog, Skoolhoof van Suid-Natal Primêre Skool.

Leave a Reply