Limonade ~ Vrouekeur

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Maak jou eie limonade – dis heerlik en boonop ryk aan vitamien C

BESTANDDELE

1 k water

1 k suiker

sap van 5-6 suurlemoene

4 k koue water

1. Meng suiker en water in kastrol. Laat kook en roer aanhoudend tot suiker heeltemal opgelos is.

2. Laat afkoel en bêre in yskas.

3. Meng stroop met suurlemoensap (deurgesyg of net so) en roer goed.

4. Voeg 4 k koue water by en meng goed.

Wenke:

Gebruik mineraalwater met gas vir ’n bruisdrankie.

Voeg suurlemoenskyfies by indien verkies.

Maak ekstra sap en vries dit in ysbakkies.

Leave a Reply