Dis elektries by Suid-Natal Primêr

0

Elektromagnete is ʼn opwindende nuwe ontdekkingsveld vir meeste van Suid-Natal Primêre Skool se leerlinge.

Eksperimentering met die bou en werking hiervan is ter voorbereiding van die eintlike opdrag; ʼn Hyskraanmodel wat ʼn elektromagneet en stroombaan met ʼn skakelaar daarvan gekoppel het om metale van nie-metale by ʼn skrootwerf te skei.

Drie van ons personeellede het ʼn vlak 1 hokkie afrigterskursus in Durban bygewoon.  Dankie aan Me. Greyling, Me. Mulder en Mnr. O’Dwyer wat eersdaags op vlak 1 afrigters aangestel gaan word.

Die Graad 2-leerders het ʼn suksesvolle Markdag aangebied waar heerlike eetgoed en artikels te kope was.

Ongeveer 50 atlete het deelgeneem aan ʼn landloop byeenkoms by Creston.

Daar was 6 skole en ons het 6 x 1ste plekke, 6 x 2de plekke, 3 x 3de plekke, 3 x 4de plekke en 4 x 5de plekke gekry.  Geluk aan al ons landloop atlete met die mooi prestasie.

Die atletiekseisoen is ook vol aan die gang en die 800m finale wedlope is alreeds voltooi.

Luca Meyer wys ʼn stroombaan en Bendré Dreyer wys ʼn elektromagneet en hyskraanmodel.

Share.

About Author

Leave A Reply