Gala sorg vir groot pret by Suid-Natal Primêr

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool se Graad R’e het hulself baie geniet by die Pretgala.

Daar was ‘n glimlag op elke kinder-en ouergesig. Of hulle met ‘n skopbordjie gesem het of al vryslag kon swem, elke kindjie was deel van hierdie jaarlikse geleentheid. Wel gedaan Suidie Sterretjies, julle het behoorlik geskitter!

Ons landsdiensklub het oor die naweek saam met Hoërskool Suid-Natal se landsdieners ‘n baie suksesvolle areakamp gehou.

Sowat veertig leerders het deelgeneem aan pret aktiwiteite en het onder meer elkeen eienaarskap geneem van hul eie Spekboom om aardverwarming te help bekamp. Baie dankie aan elkeen betrokke se energie, ondersteuning en moeite.

60 Wiskundiges van Gr.4 tot Gr. 7 het deelgeneem aan die landwye Wiskunde uitdaagkompetisie op 12 Maart 2020.

Tien van die leerders het besonders goed gevaar en deurgedring na die tweede rondte wat later in Junie 2020 geskryf gaan word. Wel gedaan, Suidies!

Foto: Juffrou Jaydene Robertson handig ‘n swemsertifikaat oor aan Justin Mynhardt.

Leave a Reply