Menu

Goud, silver en brons vir slim Suidies

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal-Primêre Skool se Graad 7’s het ‘n gasspreker gehad wat ons meer kom vertel het van noodwerkers, in besonder die brandweerwerkers. Die Persoonlike Berskermingstoerusting (PBT) is gedemonstreer.

Die Graad 4 tot 7-leerders het aan ‘n suksesvolle ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem.

Gouie diplomas is deur Kayla Jacobs en Jaime Greyvenstein verower en silwer diplomas deur Anika du Toit en Millay Labuschagne.

Ons seniors het hulle puik van hul taak gekwyt; Marnus Koekemoer met ‘n eerste plek, Luca Meyer tweede plek en Lana Badenhorst met ‘n derde plek. Kontantpryse deur die ATKV geborg is deur Dr Mike Meaney aan die senior wenners oorhandig.

15000 leerders landwyd het deelgeneem aan die tweede rondte van die uitdaag eksamen. Leerders se insig en kennis word behoorlik getoets en ons is baie trots op ons leerders met die volgende uitslae en sertifikate:

Divan du Toit met goud, Celeste Koekemoer en Jolin Smith met silver en Ruan Havenga, Lize Joubert, Kara Lombaard en Lana Badenhorst met brons.

Ons skool se senior dogters het Saterdag aan ‘n 6-‘n-kant kriekettoernooi deelgeneem en baie goed gevaar. Baie geluk dogters met die eerste en derde plek by die toernooi!

Foto: Mnr. Beyers le Roux van die Brandweer en Cayden Roos, ‘n Graad 7-leerling.

Leave a Reply