Kostelike klein Ashleigh maak ‘n verskil by Suid-Natal Primêr

0

Ashleigh Feyt, ʼn scout van die Margate Cubs, het op haar eie ʼn fondsinsameling gedoen en met daai ingesamelde geld kos aangekoop en vir Suid-Natal Primêre Skool se kospakkieprojek geskenk.  Baie dankie Ashleigh, jy is ʼn wonderlike voorbeeld.

Suidies het atletiek gehou! Baie geluk aan die Blouspan wat die wenspan was tydens die byeenkoms en ook aangewys was as die span met die beste gees.

Dankie aan elke atleet wat deelgeneem en hul beste gelewer het. ʼn Groot dankie aan elke ouer wat die deelnemers kom ondersteun het.

Die Graad 1’s het die afgelope paar weke meer van seisoene geleer. Dit was vir hulle baie opwindend om meer van elke seisoen te leer. Om elke tema af te sluit, het die leerders spog-kuns gedoen om die seisoene uit te beeld.

Suid Natal se eerste span seuns hokkie het verlede Saterdag ‘n toernooi in Matatiele gaan speel.

Die seuns het baie goed gevaar teen skole soos King Edward High School, St. Monica’s, St. Patrick’s en Underberg Primary.

Die leerders het dit baie geniet en baie waardevolle ondervinding opgedoen teen hierdie ligaspelers. Ons is besonders trots op ons leerders wat so goed gevaar het.

Share.

About Author

Leave A Reply