Menu

Suidies groet groot staatmaker

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Na 15 jaar as Suid-Natal Primêre Skool se Junior Fasehoof, tree juffrou Lorraine Mulder af.

Ons wens haar alles wat mooi is toe met haar aftrede en ons sê opreg dankie vir die diep spore wat sy hier getrap het. Ons gaan haar vreeslik mis.

Die graad viers het hierdie kwartaal baie lekker take gehad waarvan een ‘n praktiese taak was waar die kinders ‘n musiekinstrument moes maak.

Die leerders het pragtige instrumente gemaak en dit baie geniet om almal saam te kan speel.

Die graad 1, 2 en 3’s het verlede week aan ‘n netbal toernooi deelgeneem. Die toernooi het by Port Shepstone Junior Primary plaasgevind.

Al die leerders het die toernooi terdeë geniet en die uitkoms was ʼn heerlike ysie om netbal te vier.

Ons atlete hou ons naam weer hoog by die S. C. C. Landloop byeenkoms met vier eerste plekke, een tweede plek, vier derde plekke, vier vierde plekke en twee vyfde plekke.

Leave a Reply