Suidies groet ‘n legende

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool groet ‘n legende in Juffrou Gerda Durrheim.

Juffrou Durrheim laat ‘n groot leemte agter maar ons is opgewonde om te sien waar haar nuwe avonture haar lei.

Die graad 4s is volstoom aan die gang om aan al die nuwe vakke gewoond te raak, onder andere het hulle boontjies geplant vir hulle prakties wat hulle nou daagliks in die klas observeer.

Ons Suidies hou interhuis gala. Die reën het nie die swemmers gekeer om aan hierdie suksesvolle dag deel te neem nie. Met al die talentvolle kinders het ons Suidies tien rekords verbeter!

Baie geluk met al die mooi prestasies en geluk aan die Blou span wat die gala gewen het.

Die ouderdomswenners is soos volg:

Meisies onder 9 tot 14: Kay-Lee Delport, Taylor du Plooy, Chloé Barnard, Doné Pretorius, Chenél van Coller en Micaela Conradie.

Seuns onder 9 tot 14: Juan-Pierre Pretorius, Leonard Kretzschmar, Neil van Wyk, Tiaan Retief, Jacques de Bruyn en Ryan Beukes.

Ons seuns het ook krieket wedstryde teen Creston College en Amanzimtoti Primary gespeel.

Al die spanne het dit vreeslik geniet en goeie ervaring opgedoen. Daar was gemengde resultate.

 

Leave a Reply