Suidies herwin en word kreatief

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suidies gaan flink aan met skool en ons is trots op al ons leerders wat so pligsgetrou skool toe kom en die positiewe wyse waarop die leerders hulself gedra deur die COVID-19 tydperk.

Ons Graad 3-leerders leer meer oor “herwinning”. Leerders het geleentheid gekry om hul eie afvalprodukte te gebruik en ‘n kunsprojek aan te pak.

Die Graad 5-leerders het hard gewerk aan hul SW opdragte. Leerders moes die weer waarneem en opteken vir 14 dae. Hulle het dit deeglik geniet, veral met die Suidkus se onvoorspelbare weer.

Foto: Suidies (van links na regs) Kay-Lee Delport, Anke de Matos, Ané Glad, Jacques Proudfoot en Zjizelle Landsberg spog met hul selfgemaakte speelgoed.

Leave a Reply