Suidies hou suksesvolle Entrepreneursdag

0

Suid-Natal Primêre Skool se Graad 7-leerders het onlangs hulle Entrepreneursdag gehou.

Die Entrepreneursdag vorm deel van die Graad 7’s se kurrikulum vir kwartaal 3. Hulle leer van entrepreneurskap en begrotings.

Met groot opgewondenheid en blink oë het die Graad 7-leerders by die skool opgedaag en hulle stalletjies mooi gemaak vir hulle kliënte. Die Entrepreneursdag was ‘n groot sukses en almal het dit geniet.

Suid-Natal het deelgeneem aan die landloop byeenkoms in Port Edward by Beaver Creek, teen al ons Laer Suidkus skole.

Ons kinders het baie goed gedoen in hul ouderdomsgroepe. Uit 28 atlete het ons 11 plekke behaal in die top 5. Ons Suidies het ons naam hoog gehou en hul beste gedoen. Die atlete het dit baie geniet om by so mooi landlooproete te kan hardloop.

Die “Pretville” dans was weereens ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur die Visie 20/20 moeders van ons skool gedryf is. Baie dankie aan elke borg en ouer hierby betrokke! Dit was ‘n reuse sukses.

Ons atlete het Saterdag deelgeneem aan die Engelse skole atletiekbyeenkoms wat aangebied is deur Port Shepstone Senior Primary. Dit het goed gegaan met al die atlete en dit was groot opwinding vir beide atlete en ondersteuners!

Share.

About Author

Leave A Reply