Suidies-kaskarresies sorg vir vet pret en groot opwinding

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool se Graad R’e was behoorlik in rep en roer oor die jaarlikse Graad R-Kaskarresies!

Van ouers, boeties, sussies en selfs oumas en oupas wat kaskarre stoot tot kinders wat skaterlag, dit was vet pret!

Vir die eerste keer ooit het twee uit die drie klasse gelykop gewen. Baie dankie vir die entoesiasme waarmee u die geleentheid aangepak het, dit is vir elke seer spier die moeite werd!

Dit was ‘n week propvol sport vir ons Suidie-leerders! Ons senior A en B asook ons junior A en B-spanne krieket seuns het deelgeneem aan ‘n krieket-toernooi teen Izotsha en daar was ook ‘n mini-krieket toernooi vir ons Graad 1, 2 en 3-seuns by Creston.

Ons Graad 1, 2 en 3-meisies het deelgeneem aan ‘n hokkie toernooi by Southcity. Die spanne was geesdriftig en het hulle harte uitgespeel. Suidies, julle is wenners! ‘n Besonderse geluk aan Marco Fritz was gekies is vir die O/11 UGU krieket span!

Foto: ‘n Paar trotse leerders uit een van die wen klasse, (van links) Antonio Claassen, May-Lee Angove, Dewan Nieuwoudt, Mila Oosthuizen, Sheldon Hiepner en Zeeva Bekker.

Leave a Reply