Suidies reeds hard aan die werk

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool se Graad 5’e skop die jaar goed af en begin sommer dadelik hard werk in al hulle vakke.

Hulle het ook baie pret met die swemuitdunne en glip-en-gly. Die leerders is ook besig om te beplan vir die markdag wat Vrydag plaasvind.

Ons Graad R-blok het die voorreg om te kan kies tussen soveel buitmuurseaktiwiteite. Dit sluit in Dans, Young Engineers, Playball, Gymbo Kids, Ballet en Rugby.

Vier van ons personeel het die naweek die Landsdiens Volwasse-opleiding en algemene jaarvergadering bygewoon.

Die dertien Landsdiensonderwysers is vuur-en-vlam vir die jaar wat kom en die projekte wat aangepak word.

Veels geluk aan Janushka Erasmus wat KZN-kleure behaal het vir dans en gaan deelneem aan die Nasionalekompetisie later vanjaar. Ons is baie trots op haar.

Foto: Graad 5-leerders (van links na regs) Neil van Wyk, Jaymin du Plessis, Guillume Nel, Meneer Jacques Coetzee, Anika du Toit en Chloe Barnard.

Leave a Reply