Menu

Suidies kry lekker verrassing

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool se SPO 2-klas was baie verras toe gemeentelede van die Trafalgar Presbyterian Kerk vir hulle wol en tolletjies gebring het om tolletjiebrei te doen.

Die leerders was baie opgewonde en het ywerig gebrei om ʼn projek te voltooi. Wel gedaan aan die klas, die fotos spreek vanself.

Die hele skool het geleentheid gehad om aan die eksterne Conquesta-eksamen deel te neem.

Die massadeelname het ons beïndruk en die uitslae verstommend. Dis vir ons ʼn aanwins en bevorder akademie. Die sertifikate is besonders mooi.

Ons junior A en eerste span krieket seuns het teen Port Shepstone Junior en Senior Primary gespeel en beide spanne het gemaklik gewen.

Baie geluk aan ons eerste span krieket seuns wat nog nie een wedstryd die seisoen verloor nie. Baie dankie aan al ons krieket personeel vir al die moeite en aandag.

Ons graad 2 en 3 dogters het vir die eerste keer aan sokker wedstryde deelgeneem. Die dogters het dit baie geniet en het ook baie goed gevaar met uitstekenede resultate.

Saterdag het ons ʼn mini krieket toernooi aangebied waar verskeie plaaslike skole deelgeneem het. Dit was ʼn groot sukses met elke jong krieket speler wat kon spog met sy talent.

Foto: SPO 2-leerders (voor van links) Meegan Snyders, Brandon Liebenberg, Dyllon Vorster, (agter van links) Shaun Enslin, Ashley Joubert, Ruan Vermaak en Alex Mc Millan.

Leave a Reply