Suidies ontwikkel groen vingers

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal-Primêre Skool se Graad 5-leerders is besig om plante te bestudeer in NWT. Hul moes sade laat ontkiem en geniet dit om aan hul groen vingers te werk.

Suid-Natal se eerste krieket span het tuis gespeel en met 8 paaltjies gewen.

Ons Junior A krieket span het by St Patrick’s gespeel en het ongelukkig met 9 paaltjies verloor. Beide spanne het dit ongelooflik baie geniet.

Riaan Earle hou Suid-Natal se naam hoog; hy was gekies vir die SKZN krieket span. Hy het die vakansie aan ‘n toernooi deelgeneem by Kersney College waar hy besonderse goeie krieket gespeel het.

Riaan het twee paaltjies geneem met sy boulwerk asook twee kolwers gestonk as paaltjie wagter. Riaan se kolfwerk was uitstekend met vier 4’s wat geslaan was en een 6. Ons skool is baie trots op Riaan met al sy prestasies.

Die Suid-Natal Primêr-onderwysers het oor die naweek ‘n baie insiggewende kursus bygewoon en beoog om die Suidies netbal na nuwe hoogtes te neem.

Veels geluk aan Janushka Erasmus wat deelgeneem het aan die Afrika talent dans-kompitisie. Sy het uitstekende punte (83%) behaal en gekwalifiseer om aan die Nasionale kompetisie gedurende Maart 2020 deel te neem.

Leave a Replay

Follow Us

Recent Posts

Categories