Suidies ontwikkel leiers-eienskappe

0

Dit was die heel eerste afskop van Suid-Natal Primêre Skool se ‘Snelspel-kompetisie’ en die fokus is behoorlik op akkurate spel in ons Huistaal!

Die lekker luidspel van woorde teen ʼn vinnige tempo was aansteeklik toe maats onderling meeding. Ons was aangenaam verras met ons kinders se spelvermoë.

Knap gedaan aan die wenners van ons proeflopie! Die kompetisie was straf maar julle kan trots wees.

Ons Graad 6-leerders het ʼn ontwikkelingsessie vir leierskap gehad wat deur TO Strand aangebied is.

Die leerders het geleer dat goeie kommunikasie, luistervaardighede, beplanning, probleemoplossing en respek vir ander, kern bestanddele vir ʼn goeie leier is.

Die Graad 1, 2 en 3 netbal-dogters het aan ʼn driedaagse netbaltoernooi by Southcity deelgeneem. Die spelers was so opgewonde en het dit baie geniet.

Die Graad 2’s het meer geleer oor al die verskillende soorte vervoer. Water, spoor, lug en padvervoer. Die tema het die leerders se nuuskurigheid behoorlik geprikkel, hulle kon nie glo dat mens vervoer kry wat groot genoeg is om allerlei masjinerie, motors, vragmotors en selfs treine kan vervoer van een land na ʼn ander land nie.

Share.

About Author

Leave A Reply