Menu

Suidies op top vorm

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Graad 6-leerders leer hierdie kwartaal in wiskunde van verskillende vorms.

Die leerders het elkeen ‘n model gemaak deur ‘n verskeidenheid vorms te gebruik. ‘n Skriftelike opdrag is in die klas gedoen waar die eienskappe van vorms wat in elke model gebruik is, vergelyk moes word.

Donderdag het veertig van Suid-Natal se senior koorlede opgetree by die kooraand wat deur CANSA en Hospice aangebied is. Die leerders het ‘n uitmuntende optrede gelewer en Suidies se naam hoog gehou met die liedere Genade ondlbeskryflik groot, Namakwaland en Masithi Amen.

Baie geluk aan ons leerders, ons koorleiers, Mnr O’Dwyer en Mnr Van Eeden en baie dankie vir die groot ondersteuning van beide ouers en personeel.

Ons senior A en junior A krieketspanne het die naweek weggespeel en albei spanne het gewen. Ons junior B krieketspan het tuis gespeel en ook gewen. Al die spelers het dit baie geniet en goeie sportmangees getoon. Wel gedaan Suidies!

Foto: Graad 6-leerders (voor van links) Juvan Labuschagne, Tristan Kruger (agter van links) Christelle J.v Vuuren, Versuka Vermeulen, Donovan Bridger en Xander Delport spog met hulle modelle.

Leave a Reply