Suidies reg vir rugbyseisoen met hul spoggerige truie

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool sê baie dankie aan Status Panelbeaters wat die jaar weer ons eerste span rugbytruie geborg het!

Ons eerste span seuns is baie opgewonde oor die pragtige truie en kan nie wag om op die veld daarmee uit te draf nie. Baie dankie vir julle onbaatsugtige ondersteuning deur die jare!

Dit is met groot opgewondenheid dat ons SPO 3-leerders vars vrugte skool toe gebring het om vrugteslaai te maak.

Die vrugte is versigtig opgesny en gemeng. Daarna het hulle heerlik gesmul aan die vrugteslaai en gekoopte vla. Voorwaar ‘n suksesvolle aktiwiteit!

Ons eerste en tweede krieket spanne het teen Southcity College gespeel en goeie oorwinning behaal. Wel gedaan seuns!

Suid-Natal se junior leerders het ook aan ‘n aflos swemgala by Southcity College deelgeneem. Dit was goed om te sien hoe ons leerders se swemvaardighede ontwikkel.

Mnr. J. Gericke en Mnr. A. Smit het deelgeneem aan ‘n rugby vlak 1 afrigtingskursus by die Sharks Rugby Akademie. Albei afrigters het die kursus geslaag as vlak 1 rugby afrigters.

Foto: Eerste span rugby seuns (van links) Anrich Pretorius, Reagan Reyneke, Stephan Smith en Jacques de Bruyn (voor) spog met hulle nuwe truie geborg deur Status Panelbeaters.

Leave a Reply