Menu

Suidies se harde werk die moeite werd

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool het die afgelope week ʼn pretuur gehad waar die leerders by die huis verskillende werkies gedoen het om geld te verdien vir al die speletjies.

By die karaoke het al die leerders gehop en gedans; die kinders het by die glybaan afgegly en die nuwe rekord probeer verbeter, geswem, daar was kussinggeveg en lekker eetgoed beskikbaar gewees.

Al die eksamens is afgehandel en al die leerders sien uit na die vakansie wat voorlê maar eers moet ons prysuitdeling hou en daar is groot opgewondenheid oor die spoggeleentheid.

Ons seniorkoor het die skool verteenwoordig by Margate NG Kerk se kerssang diens en ons naam hoog gehou. Wel gedaan Suidies!

Ons kospakkie-leerders is verlede week weereens bederf met ʼn heerlike kerspartytjie. Ons wil baie dankie sê aan die Lions wat vir elke leerder ʼn kersgeskenk gegee het. Die kinders was so opgewonde en is so dankbaar vir die geskenke wat hulle ontvang het.

Baie, baie dankie ook aan die Hervormde Kerk, Port Shepstone vir die kos wat hul aan die leerders gegee het, dit was heerlik! Ook ʼn groot dankie aan die tannies van die NG Kerk, Port Shepstone wat ons gesinne weer bederf het met kruideniersware en lekkernye.

Ons kinders is so geseënd om soveel liefde en omgee van u almal te ontvang! Baie dankie vir elkeen van u se ‘omgee harte’!

Foto: Suidies (van links) Chizette Pretorius, Mieke van Wyk en Desiré du Plooy maak gebruik van die ‘photo-booth’ tydens Pretweek.

Leave a Reply