Menu

Suidies se harte is groot

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Baie dankie aan al die Suidies wat speelgoed versamel het om te skenk aan die Ramsgate Lions groep.

Die leerders en personeel was verras met ʼn groep motorfietsryers wat op hul ysterperde die skool besoek het om die speelgoed te kom haal.

Personeellede het die voorreg gehad om op van die groot motorfietse om die veld te ry. Baie dankie Suidies, jul harte is groot.

Ons graad 3-7 leerders het aan ʼn aflosgala deelgeneem by Southcity en goeie swemoefening gekry.

Die graad R jaargroep het ʼn suksesvolle markdag aangebied en heerlike lekkernye vir ʼn paar honger magies verskaf.  Baie dankie aan al die mamma’s, pappa’s en familie wat kom help verkoop het.

Daar heers ʼn akademiese atmosfeer by die skool, die leerders is druk beisg met eksamen en toetsaflegging.  Sterkte met al die leerwerk, moeite sal beloon word met uitstekende uitslae.

Foto: Al die Suidies sit in afwagting vir die oorhandiging van die speelgoed en om na die motorfietse te kyk.

Leave a Reply