Suidies se Snakfees ‘n belewenis

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Wat ‘n belewenis was verlede week se Snakfees by die Hoërskool Suid-Natal nie!

Die avontuur van Gr 8-12:

Wow! Wat ‘n fenominale opvoering. Hoendervleis om te dink dat die tyd in realiteit werklik so vinnig verby snel. Dit het mens werklik met stof tot nadenke gelaat.

Jan en die Boontjierank:

Hierdie was ‘n uitmuntende opvoering en ek het dit baie geniet. Die storielyn was skreeusnaaks en het soveel herinneringe van kinderverhale in my kinderdae vasgevang, met ‘n ‘twist’ natuurlik. Die dramatisering van die leerders was fantasties. Hier is definitief ‘n paar akteurs en aktrises wat in die toekoms hulle merk gaan laat.

Skone Slaapster:

Ek het gelê soos ek lag en hierdie toneelstuk het werklik in my opinie verdien om meer as een keer gesien te word. Dit was werlik ‘n baie kreatiewe opvoering. Die leerders was hiper-entoesiasties en het mens insiens die voordra van die toneelstuk ongelooflik baie geniet. Die opvoering was humoristies met ‘n baie verrassende einde.

Suidie soek ‘n sielsgenoot:

Voorwaar ‘n baie goeie opvoering met ‘n bietjie van alles. Ek kon ook hier my maagspiere goed oefen en die humor van die toneelstuk was prysenswaardig. ‘n Baie goeie storielyn en ek het dit werklik geniet.

Koffiewinkel:

Daar is niks so lekker soos ‘n heerlike koppie koffie nie en die hoofseun en Mev. Voigts het hulle goed van hulle taak gekwyt om ‘n heerlike verskeidenheid van koffie te koop aan te bied. Die musiek was ook uit die boonste rakke.

The Road Trip:

Die energie en entoesiasme waarmee hierdie toneelstuk aangebied is, was uit die boonste rakke! Mens kon nie anders as om onmiddellik deel te voel van die vrolike, passievolle, kultuurvervulde danse nie. Die hoogtepunt om aan die einde van die toneelstuk ingetrek te word in ‘n dansitem, het dit so goed afgerond. Energievlakke het hoog geloop. Welgedaan!!

*’n Ouer se perspektief oor die revue.

Leave a Replay

Follow Us

Recent Posts

Categories