Suidies verwelkom nuwe hoof

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Hoërskool Suid-Natal se nuwe hoof is aangekondig! Mnr Jakkie Herbst, wat sedert 1 Januarie 2020 die rol van Waarnemende Hoof gevul het, neem die tuig oor na Mev Marie Botha aan die einde van 2019 afgetree het.

Mnr Herbst is deur en deur ‘n onderwyser en glo vas in die holistiese ontwikkeling van ‘n kind en is passievol oor Sport, maar net so entoesiasties as dit by Kultuur en Akademie kom.

Mnr Herbst is reeds ‘n volwaardige SUIDIE en glo dat die Hoërskool Suid-Natal groot hoogtes gaan bereik en hy is opgewonde om aan die stuur van hierdie asemrowende skool, met sy bekwame personeel en uitblinker-leerlinge, te wees.

Foto: Mnr Herbst word gelukgewens deur Mnr Appalraju.

Leave a Reply