Troeteldierplesier by Suid-Natal Primêr

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Suid-Natal-Primêre Skool se Graad R-groep het van troeteldiere geleer.

Elke leerder kon ʼn plakkaat bring met afbeeldings van hul troeteldiere daarop. Ons het geleer wat elke dier eet en drink, waar hulle slaap en wat ons gebruik om hulle te versorg.

Ons maats het dit baie geniet en ons is opgewonde oor die goeie troeteldier-mammas en -pappas wat ons Graad R-groep gaan oplewer!

Veels geluk aan Divan du Toit wat uitgenooi is om aan die AMESA-Wiskunde-uitdaageksamen se derde ronde deel te neem.

Slegs 431 leerders landwyd is gekies om aan hierdie tawwe eksamen deel te neem. Ons wag in spanning op die uitslae en is baie trots op Divan met sy uitstekende akademiese prestasie.

Ons se baie dankie vir Coastal Accounting in Port Shepstone wat kos geskenk het vir ons skool kospakkie- projek!

Ons maak staat op die goedhartigheid van die gemeenskap en is nederig met die ondersteuning van ons medemense.

Leave a Replay

Follow Us

Recent Posts

Categories