VIDEO: Te midde van hernieude rassespanning in Suid-Afrika sing Suidkus-kunstenaar ‘Dis God Se Land Die’

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

‘n Bekende sangeres van Uvongo, Natascha Muller, sê Goddelike inspirasie het haar gelei om ‘n kragtige Amerikaanse lied vir alle Suid-Afrikaners te verwerk .

Weens die rassespanning wat weer na die grumoord op die jong plaasvoorman Brendin Horner van Paul Roux opgevlam het, het “Tascha”, soos sy in die vermaaklikheidsbedryf bekend staan, die woorde geskryf vir ‘n “lied van vrede” met die titel ‘Dis God Se Land Die.’

“Soms is dit asof die Here met ‘n mens begin praat tussen die dolle gejaag van jou dag. Dis wat met my gebeur het. Ek het nog so rondgeskarrel, toe kom die inspirasie,” sê die kunstenaar van Uvongo.

“Blake Sheldon se lied ‘God’s Country’ het my onmiddellik getref toe ek dit daar anderkant in Memphis gehoor het. Ek het geweet dis iets baie spesiaal.

“Ek was ek nog besig met my dinge toe ek weet die Here wil hê ek moet iets skryf. Net daar het die woorde begin vloei, en twee ure later het ek die Afrikaanse titel en woorde vir ‘God’s Country’ op papier gehad.

“As God so vinnig hierdie wonderwerk kan verrig vir my as mens, hoeveel meer kan Hy nie vir ons almal doen nie?”

Leave a Reply