Nuwe leierskap vir Suid-Natal

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Ons wil baie, baie dankie sê aan die Lions wat vir elke leerder ‘n kersgeskenk gegee het.

Suid-Natal Primêr wil graag vir Margate Swimming Club hartlik bedank vir hulle ruimskootse skenking van kospakkies aan van ons leerders.

Die Labuschagne gesin, Gerhard, Patricia, Samantha en Alex het besonder hard gewerk om van hierdie fondsinsameling ‘n groot sukses te maak.

Hulle het regtig ‘n verskil gemaak en ons wens hulle ‘n geseënde Kersfees toe!

Suid-Natal Primêr se Kospakkie leerders is Vrydag, 27 November 2020, bederf met ‘n ongelooflike lekker kerspartytjie.

Ons wil baie, baie dankie sê aan die Lions wat vir elke leerder ‘n kersgeskenk gegee het.

Die kinders was so gelukkig en wou sommer dadelik met hulle speelgoed speel.

Baie, baie dankie ook aan die Hervormde Kerk, Port Shepstone vir die kos wat hul aan die leerders gegee het, dit was heerlik.

Ons kinders is so geseënd om soveel liefde en omgee van u almal te ontvang.
Ons wens u almal ‘n geseënde Kerstyd.

‘n Nuwe leierskap vir 2021 is vandeesweek aangekondig.

Suid-Natal Primêre Skool wys Wian de Beer en Tiffany Steyn onderskeidelik as hoofseun en –dogter aan.

Nuwe leierskap (van links) Altus Botes, Marces du Toit, Wian de Beer, Tiffany Steyn, Marilyn de Nysschen en Doné Pretorius.
Die onderleiers is Altus Botes, Marcel du Toit, Marilyn de Nysschen en Donê Pretorius.

Die Suidies vertrou julle vir hierdie amp en ons weet dit met julle leiers baie goed sal gaan.

Ons herinner ons Suidie ouers om leerders se rapporte en sertifikate, Dinsdag 15 Desember 2020, van 07:00 tot 10:00 by die skool se op-en-aflaai sone te kom afhaal.

Leave a Reply