Menu

Pretoriase besoeker video boot-ongeluk

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

‘n Besoeker van Pretoria was Woensdag vroegoggend by die Kleinboothawe Sonny Evans in Shelly Beach, en het die bote wat die see invaar om te gaan visvang, met haar iPad op video vasgelê. Min het Daleen Engelbrecht geweet dat sy ‘n amper ongeluk van die boot Riptide, waarop haar man en seun was, ‘verfilm’ het. Die Riptide het in ‘n groot golf ingevaar, maar die krag van die water was so groot dat die boot amper agteroorgeslaan het.   Haar seun se oogbank is in die proses oopgestamp.

Die ware jakob het egter onmiddellik gevolg. Nog ‘n boot, die Big Mamma, was nie so gelukkig nie, en is deur ‘n golf omgedop.   Agt mense, inslyitende die skipper, Jan Olivier, het in die water beland.   Omstanders en reddingwerkers van die Nasionale Seereddingsinstituut het onmiddellik gaan help,  en al agt mense, die meeste van hulle van Gauteng, is veilig aan wal gebring.  Drie van hulle, insluitend die skipper, is hospitaal toe geneem.   Die skipper, wat in die kajuit was toe die boot omgedop is, het redelik ernstige beserings opgedoen. Van sy ribbes is vermoedelik gebreek. Die ooggetuies was dit eens dis ‘n wonderwerk dat niemand in die ongeluk dood is nie.  Die Big Mamma is totaal verwoes.  Nog videomateriaal van die voorval kan elders op eHow!zit se webwerf by video-opnames en plaaslike nuus gesien word.

Mev. Engelbrecht het haar video-opname van die dramatiese gebeure goedgunstiglik aan eHowzi!t beskikbaar gestel.

Leave a Reply