Rekords spat in Suidies se Interhuislandloop

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Al Suid-Natal Primêr se leerders kan weer vrylik asemhaal want die eksamen is verby. Daar kan nou weer meer aandag gegee word aan sport en kultuur.

Die atlete, toeskouers en personeel het almal ewe plesierig deel gehad aan ons Interhuislandloop.

Dit was ‘n besonderse byeenkoms en almal het met groot entoesiasme deelgeneem.

Twee rekords is verbeter, naamlik JP Pretorius 0/7 en Janushka Erasmus ook 0/7.

Die Blouspan wen – baie geluk!

Daar was groot pret toe die onderwysers en leerders teen mekaar meegeding het met rugby, netbal en hokkie.

Foto: JP Pretorius en Janushka Erasmus.

Leave a Reply