‘Selfoontorings’ spring op in Suidieland

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die graad sewes by Suid-Natal Primêr is tans besig om selfoontoring-modelletjies te ontwerp.

Die Mini-praktiese assesseringstaak toets elke leerder se kreatiewe – en tekenvaardigheid.

Met 19 deelnemende skole was die Wintersportdag ‘n reuse sukses. Rugby- Hokkie- en Netbalspelers het elke wedstryd ten volle geniet en goeie sportmansgees was aan die orde van die dag.

‘n Feestelike atmosfeer het geheers met heerlike eet en drinkgoed wat voorsien was deur Suidies, Spur, Tiagos en Beaver Creek.

Baie dankie aan die borge: Halfway Ford, Status Paneelkloppers, Halfway Toyota en Port Edward Spar vir julle bydrae tot die sukses van die dag.

Aan al die deelnemers: Ons is baie trots op julle prestasies hierdie sport seisoen! Ook ‘n groot dankie aan elke ouer vir julle opoffering en ondersteuning.

Foto: Graad sewes (vlnr) Cornell Kuilder, Cassiley Loggenberg, Juandre Steyn wys hul selfoontoring–model.

Leave a Reply