Sheppiedag: Suidies-hokkiebokkies doen dit weer – foto-album

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Sheppie High het vanjaar se Sheppiedag, wat deur goeie spel en sportiwiteit gekenmerk is, aangebied.

Die Hoërskool Suid-Natal se eerstespan-hokkiebokkies het Saterdag goed gespeel en het met ‘n oorwinning van 1-0 die trofee behou. Die onder-16s  was in ‘n verwoestende bui en het met 3-0 gewen.

Suidies het vir die vyfde jaar in ‘n ry die groot eerstespan-rugbystryd gewen. Die eerste span het ‘n naelbyt-sege van 25-24 beklink om die trofee te behou. Die onder-16s het ook net-net met 19-17 gewen.

Die netbal-uitslae was nie in die Suidies se guns nie, nie maar die meisies het goeie vegtersgees gewys. Die eerstespan-stryd is met 23-15 deur Sheppie gewen.

Rugby-uitslae:

15: 27-28
16: 19-17
2de: 0-40
1ste: 25-24

Netbal-uitslae:

14A: 21-22
14B: 3-13
15A: 1-23
16A: 5-25
16B: 9-12
2de: 13-16
1ste: 15-23

Hokkie-uitslae:

16: 3-0
2de: 0-2
1ste: 1-0

Leave a Reply