Sport-talent volop in Suidieland

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal is propvol sportsterre.

Suidies het die onlangse Interskole Gala-byeenkoms waaraan nege skole deelgeneem het, gewen.

Baie geluk aan Mev. Z. Viljoen en elke lid van haar swemspan.

Dankie aan die ouers wat ook ekstra tyd ingesit het om swemmers te besorg waar hulle moes wees.

Dankie aan Mnr. J. Erasmus wat die swemmers soggens ekstra geleentheid gebied het om te oefen sodat hulle smiddae aan spansporte kon deelneem.

Aan almal wat ‘n aandeel gehad het, dankie.

Baie geluk aan Enrico Burger (100m en 200m) en Billy Delport (200m) wat deurdring na die finale KZN rondte in hul onderskeie baanitems.

Ons is so trots op ons dansers!

Saskia Dantuma, Candice MacDonald en Ankia Stander het na die eerste rondte van die DSSL Dansliga deurgedring.

Jonathan Akgun het derde in sy ouderdomsgroep geëindig. Baie geluk!

Leave a Reply