Suid-Natal Primêr-graad sesse hou lekker markdag

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Graad 6-leerders van Suid-Natal Primêr se markdag was ‘n groot sukses.

Daar was die interessantste produkte om van te kus en te keur. Die leerders het dit so baie geniet om produkte wat hulself gemaak het te verkoop.

Die Graad 6-leerders het mandalas gemaak in skeppende kunste. Hulle het navorsing gedoen oor die verskillende mandalas en moes hulle eie kunswerke skep. Daar het ongelooflike skeppings uitgekom. Die leerders kan voorwaar trots wees op hulle harde werk!

Ons junior primêre meisies het Saterdag aan ‘n heerlike toernooi deelgeneem en hulself gate uit geniet.

Die Gr. 3-meisies het hul wedstryde op “Astro” gespeel; dit is baie anders as gras wedstryde. Die Suidie-meisies het ons skool trots gemaak.

Ons leerders sien uit na die Interhuis-landloop wat Vrydag plaasvind.

Foto: Graad sesse (a.v.l.n.r) Jo-Ane van Schalkwyk, Kaila Lindenberg, Juanita Coetzee, (v.v.l.n.r) Nikita Grobler, Ané Havenga en Jolene Potgieter wys die mandalas wat hul gemaak het.

Leave a Reply