Suid-Natal Primêr maak mooi ‘motors’

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêr se SPO3-leerders is besig om die eienskappe van metale en nie-metale te ondersoek.

Hulle het hul eie motors ontwerp en moes aandui watter dele van die motor van spesifieke metale gemaak word. Daar is beslis potensiaal vir toekomstige motors!

Die Planetarium het Suid-Natal Primêr besoek verlede week. Al ons leerders van Graad 1 tot 7 het geleentheid gehad om meer te leer van die sterrestelsel. Dit was baie interessant en leersaam.

Die eerste span hokkie-seuns het aan ‘n toernooi in Kokstad gaan deelneem. Dit was baie lekker al het almal lekker koud gekry.

SPO 3-leerders, Dylan Meyer, Marco Boshoff en Uvandri Hechter besig met die motors wat hulle ontwerp het.

Leave a Reply