Suid-Natal Primêr se hokkie, netbal en rugby spanne het die week teen Izotsha gespeel.
Die junior A en B spanne en Senior B span het baie mooi gespeel maar verloor.
Geluk aan die senior A span wat 1-0 gewen het.
Beide die junior A en eerste netbal-spanne het gewen.
Al die rugby seuns het puik gespeel en sportmangees op die veld gewys.
Die eerste span het ‘n puik oorwinning gehad.
Alhoewel die onder-11 span verloor het, was hul spel goed.